GEORGE NUUS - Twee gesinne van 'n informele nedersetting in Blanco het hul plakkershutte verloor na 'n brand laatmiddag uitgebreek het.
Volgens die munisipale mediakommunikasiebeampte Athane Scholtz is die brand omstreeks 17:19 gerapporteer.
Nooddienste was binne nege minute op die toneel.
"Een plakkershut is verwoes, een het halfpad gebrand en' n derde hut is geskroei. Altesaam 10 mense (4 volwassenes en 6 kinders uit twee huise) is dakloos gelaat," het Scholtz gesê.
Niemand is in die brand beseer nie. Die gesinne word tans by vriende en familie gehuisves. Die oorsaak van die brand is onbekend.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'