Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Dit is duidelik dat dinge vinnig begin optel in Pacaltsdorp, waar inwoners van wyk 27 voor die stemlokaal in Amaryllisstraat begin toustaan.
Die son skyn vandag op die stalletjies van politieke partye wat geduldig wag vir kiesers.
Toeters van voertuie, musiek, honde, kinders en alles wat geraas kan maak, laat hul stem vandag hoor.
Taxis ry kort kort kiesers aan wat heel opgewonde by die stalletjies aansluit.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'