GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsoord vir seniors het die sentrum se 32ste verjaarsdag Vrydagmiddag met 'n feestelike ete gevier.
Voordat 'n ware feesmaal bedien is, het Coenie Ritter, 'n inwoner, sy digterlike talent getoon toe hy 'n gedig wat hy spesiaal vir die geleentheid geskryf het, voorgelees het. Verskeie geskenkies is ook uitgedeel tydens 'n prettige gelukstrekking.
Die gasspreker, dr. Elré van Heerden van die Garden Route Supportive Care Institute in George, het gesels oor hoe mense se perspektief op die lewe verander soos hulle ouer word, en hoe mense nog hoop kan behou in 'n stadium van hul lewe dat hulle besef hoe broos die lewe is.
Daar is ook afskeid geneem van Jacoba Goliath wat ná 21 jaar diens by Tuiniqua uittree.
Inwoners wat die ete bygewoon het, van links: Anne en Ronnie Atkins, Rita Barkhuizen, Mollie Kleinhans en Frieda Serfontein.
Dr. Elré van Heerden (regs) was die gasspreker by Tuiniqua se verjaarsdagviering. By haar is Coenie Ritter, 'n inwoner wat met die programaanbieding gehelp het, en die sentrumhoof, Alani Voigt.
ARTIKEL: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'