George is omring deur indringerbome en -plante wat 'n groot brandgevaar inhou en deur grondeie-naars uitgeroei behoort te word. Die voorsitter van die George-tak van AfriForum, Tinus Nortje, het die owerhede daarop gewys dat hulle 'n goeie voorbeeld behoort te stel deur 'n goed deurdagte uitwissing-beheerplan in werking te stel.
GEORGE NUUS - In die padreserwes op die Sinksabrug/Goede Hoop-pad tussen George en Groot-Brakrivier het jong indringerplante wat verlede jaar met die hand uitgetrek kon word, nou so versprei dat dit nou meganies verwyder moet word.
Denneoord sowel as Wilderness se woonbuurte is omring deur swartwattel (black wattle) en bloekom (blue gum) bome.
Die voorsitter van die AfriForum George-tak waarsku, "`n Indringer-tsunami is besig om die Suid-Kaap te tref met wattelbome, black wheat, hakia en latana wat geweldig versprei. Padreserwes wat 15 jaar gelede met `n bossiekapper tot teen die grensheining skoongemaak is, sal nou met `n kruiptrekker skoongemaak moet word."
Hy wys verder daarop dat, "Omgewingsake en die Groen Skerpioene nou volgens die die nuwe wet teen grondeienaars optree waar die grond oorgroei is met indringerplante.
Maar hulle sal eers by die Staat self moet begin, SANParke, Natuurbewaring, Eden- en George-munisipaliteit wie se eiendom besmet is daarmee.
Varkboere
"Op van die plaaslike owerhede se eiendom het ek afgekom op 40 onwettige varkboere en die amptenaar weet nie daarvan nie, en dit kan lei tot onwettige grondbesetting.
"Ons sal moet begin besef dat dit die begin van onwettige grondbesetting is. Ek wil vra dat elke grondeienaar hulself moet vergewis van die nuwe wetgewing omtrent indringerplante, asook by die verkoop van eiendom waar daar indringerplante is."
Die George-munisipaliteit het in Januarie 2015 aangevoer dat hulle bewus is van die onwettige varkboere se bestaan op 'n terrein suid van die George Oorlaaistasie en vullisstortingsterrein aan die westekant van Groeneweide en George. Stappe sou geneem word om 'n uitbreiding van plakkery te beperk of te vermy. In samewerking met die departement van landbou sal grond geïdentifiseer word om die boere op 'n alternatiewe stuk grond te akkommodeer.
Die George-munisipaliteit sou ook Redisa in kennis stel van die onwettige storting van motorbande. Nortje het verlede week laat weet dat maande later die bande nog steeds op dieselfde plek in die veld naby Groeneweide lê.
*Beheerde brande gaan gehou word sodra die weer dit toelaat het Eden-distriksmunisipaliteit se rampbestuurshoof, Gerhard Otto, vandeesweek aangedui. Verskeie "blokke" tussen Denneoord en die noorde van die Tuinroetedam sowel as 'n klein gebied ten weste van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gaan gebrand word om die kwessie rondom brandgevaar aan te spreek. Die gebiede is toegegroei met onbeheerde indringerbosse insluitende dennebome.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
Posted on: 08:00 Thu, 09 April 2015
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: