Dit sal vir die volgende ses maande hul nuwe tuiste wees terwyl hulle in die Grand Hyatt in Goa aan die weskus optree. Hul sal omring wees deur prag en praal in 'n hotel omring deur tropiese tuine.
Op 15 Oktober skryf Jovan op sy Facebook-blad, "Ons hele trippie is uitgestel met 'n week... visas was bietjie laat. Oor die naweek vertel Jovan, "Vandag geland in Johannesburg en vlieg Maandagoggend 20 Oktober na Mumbai toe."
Jovan, wat 'n gekwalifiseerde vlieënier is, het sy ER24 mediese beroep tydelik vaarwel toegeroep om op sy musiekloopbaan te konsentreer. Hy is 'n uitstekende klawerbord- en kitaarspeler. Thelma, wat in die regte studeer, se musikale veelsydigheid het 'n groot aandeel in die egpaar se gewildheid.
"Ons laaste dag in George en dit reën... kan nie eers ons beautiful Outeniquas groet nie... Maybe val George se trane oor ons weggaan (wink wink)", was Thelma se inskrywing op Facebook.
Die tweetjies het ook vertel dat hoewel George hul tuisdorp is, hulle na hul terugkeer na Suid-Afrika heel waarskynlik in Kaapstad gaan woon, aangesien die stad meer vir mense in die musiekbedryf bied.
Na 'n sjokoladedrankie op die lughawe en al hul bewonderaars se beste wense, is die tweetjies weg... vir goed.

Nadat hulle 'n ses maande kontrak geteken het om vier vertonings per dag by die vyfster hotel die Grand Hyatt in Goa aan die Indiese weskus te lewer, het Jovan and Thelma Heyns (links) totsiens gewuif aan Jovan se ma Charlene Heyns (middel). By hulle is Lourens Beukes, Elizma Prinsloo en Johann Prinsloo. Die foto's is geneem na 'n optrede by Fancourt waartydens Johann ook gesing het (Classical Thursdays at Fancourt) Foto: Pauline Lourens
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'