Update
GEORGE NUUSFLITS - Die identiteit van die vrou wat vanoggend in die botsing op die pad tussen George en Oudtshoorn gesterf het, is nog nie bekend gemaak nie.
Vyf insittendes is in die botsing beseer. Die bestuurder en drie passasiers is ongedeerd.
Twee van die beseerdes is reeds ontslaan.
Een van hulle het ‘n beenfraktuur opgedoen en die ander het hoof en nekbeserings.
Volgens inligting wat hulle beskikbaar gestel het, is die ander drie beseerdes steeds in die hospitaal.
Dit blyk dat twee moontlik inwendige beserings opgedoen het en een moet dalk ‘n voetoperasie ondergaan.
Die eienaars van die afleweringsbesigheid is tans in Oudtshoorn en het onderneem om teen môre amptelik te reageer op navrae.
Lees 'n vorige artikel: 1 Sterf in vroegoggend-ongeluk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'