GEORGE NUUS - 'n Passasier in 'n afleweringsvoertuig van George is vanoggend omstreeks 05:00 dood in 'n botsing op die pad tussen George en Oudtshoorn.
Die ongeluk het sowat 12 km buite Oudtshoorn plaasgevind.
Die oorledene was deel van 'n span van 10 mense wat na Ladismith onderweg was om pamflette te versprei.
Volgens die bestuurder van die voertuig het hy in 'n skerp draai geskrik vir 'n voël wat teen die voertuig vasgevlieg het. Hy het van die pad afgery en met die linkerkant van die voertuig teen die rotswand vasgery.
Agt passasiers is lig beseer.
Lees meer en kyk 'n video op ons susterskoerant, Oudtshoorn Courant.
Lees die jongste nuus | 1 Sterf in ongeluk
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'