Update
GEORGE NUUS - Werkers van Time Freight, het die week voortgegaan met hul landwye protesaksie om die maatskappy sover te kry om na hul kwessies te kyk.
John Lebea, 'n werker asook unieverteenwoordiger wat die werkers van die George-tak verteenwoordig, sê die werkers het verlede week 'n brief van die bestuur ontvang waarin hul kontrakte beëindig word.
Volgens hom is die brief slegs taktiek van die bestuur om hulle af te skrik om voort te gaan met hul protesaksie. Hy sê ook hulle het die brief gekry nadat hulle besluit het om die kwessie na die hooggeregshof te neem.
Volgens Lebea het werkers ook die maatskappy gevra om hul dokumentasie beskikbaar te stel sodat hulle kan aanbeweeg. Sonder die dokumentasie kan hulle nie vir hul onderskeie uitbetalings aansoek doen nie.
Dit het ook aan die lig gekom dat die maatskappy blykbaar drie maande se aftrekkings nie aan die bedingingsraad uitbetaal het nie.
Intussen sê Lebea wag hulle vir die saak om voort te gaan, omdat die maatskappy steeds hou by wat hulle aangebied het en weier om enige ander opsies te oorweeg.
Vorige artikel: Werkers soek beter uitbetaling
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'