GEORGE - Twee families van Pacaltsdorp staan die komende naweek oor oop grafte nadat twee boesemvriendinne grusaam in ‘n motorongeluk gesterf het.
Bronwyn Arendse (17) en Kaylene Fortuin (16) is op slag dood nadat die BMW waarin hulle passasiers was, middeldeur geskeur het en beide uit die motor geslinger is.
Die luukse-motor wat in die rigting van Pacaltsdorp gery het, het twee geelhoutbome getref. Die motor se agterkant het sowat 50 meter van die toneel af tot stilstand gekom.
Bronwyn en Kaylene se liggame is op die sypaadjie en middelman gevind.
Die bestuurder van die silwerkleurige BMW, ‘n 25-jarige Chinese man, en sy vriendin, Stephanie Tarentaal (18), ook van Pacaltsdorp, was voor in die motor en is beseer. Beide is in die hospitaal opgeneem, maar is die volgende dag ontslaan.
Die oorledenes was vriendinne van Tarentaal.
Daar is bespiegeling, wat nog nie bevestig is nie, dat die BMW en ‘n ander voertuig resies gejaag het. Hulle het vermoedelik liggies teen ‘n baie hoë spoed teen mekaar gebots waarna die bestuurder van die BMW beheer verloor het. Die ander motor was nie op die toneel nie en het vermoedelik weggejaag.
Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vandeesweek bevestig dat hulle die moontlikheid van ‘n tweede motor ondersoek sowel as ‘n klag van strafbare manslag.
Volgens die inligting wat hulle ontvang het, het die BMW vir ‘n ander voertuig uitgeswaai en het die bestuurder beheer verloor.
Bronwyn woon sedert Desember by haar pa, Brian Hendricks, in Kaapstad en was ‘n leerder aan Forest Heights Hoërskool in Eersterivier. Sy het die naweek by haar ma, Audrey, gekuier. Sy laat ook ‘n ouer broer en jonger suster agter.
Kaylene is die dogter van mnr. Herman en Rosie Fortuin en was ‘n leerder aan Pacaltsdorp Hoërskool.
Hulle het haar vandeesweek as ‘n sonstraal beskryf wat baie gewild was onder haar vriende.
"Sy en Bronwyn is van kleins af beste vriende en het niks sonder mekaar gedoen nie. Hulle het hulle omtrent dood verlang na mekaar toe Bronwyn Kaap toe getrek het. Hulle was so lief vir mekaar en daar sterf die twee toe saam," het Kaylene se bedroefde ma gesê.
Benewens haar ouers laat Kaylene ook ‘n jonger broer agter.
Kaylene word Saterdag om 10:00 uit haar ouerhuis in Kloofstraat begrawe en die kerkdiens is om 11:00 by die VGK Pacaltsdorp. Bronwyn word om 10:00 uit die Nuwe Apostoliese Kerk in Seesig begrawe waarna begrafnisgangers hulle by die Fortuin-familie in die VGK Pacaltsdorp sal aansluit. Die twee tieners sal daarna langs mekaar ter ruste gelê word in die Yorkstraat Begraafplaas.
Pojie het ‘n beroep op enige getuies wat die ongeluk sien gebeur het, gedoen om na vore te kom. Persone met inligting kan die ondersoekbeampte, insp. Allie du Plessis kontak by die George Polisie by 044 803 4400/4749.
BMW comments on torn vehicle
Guy Kilfoil, general manager of BMW’s Group Communications, was approached for comment regarding the severe damage to the car. He said it appears as if the crash happened at ‘tremendous speed’.
"No matter how safe a car is or how stringent its build specifications, certain parameters need to be taken into consideration when evaluating the safety credentials of any vehicle in a crash situation, " he said.
BMW cannot fully comment on the performance of this particular car without taking into account its age, condition and maintenance record, whether it had been involved in any previous accidents, the condition of the tyres, brakes and other safety equipment, whether or not all of the occupants were wearing their safety belts, the speed of the vehicle at the time of the crash and the road conditions in relation to that speed.
Article: Lizette da Silva
Bronwyn Arendse (links) en Kaylene Fortuin.
Die agterkant van die motor waarin die twee tieners was. Die gedeelte het sowat 50 meter van die toneel af gelê.