GEORGE NUUS - Maria Figeland van Rosemoor het op Saterdag 13 Augustus haar 90ste verjaarsdag gevier.
Haar dogter Myra Klaasen, sê haar ma is nog 'n baie sterk vrou, stap gereeld en doen nog dinge vir haarself.
"Ons dank die Here vir haar genade jare. My ma onthou nog altyd dinge uit haar kinderjare en dit is iets wat sy vir al die jare al vir ons vertel. Op 90 is sy nog 'n baie sterk vrou en sy is ook nog in 'n vrouegebedsgroep.
"Ons is baie dankbaar en trots op haar. Sy glo daaraan dat jy jou vader en moeder moet eer sodat jou dae verleng sal word," sê sy.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'