Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Daar is groot opgewondenheid by die Conville-swembad in George waar die Freda Barnard-swemgala plaasvind.
Dit is die 41ste keer dat dit gehou word en die eerste keer ooit in George.
Altesaam 667 swemmers neem deel. Dit is 150 meer as verlede jaar.
Swemmers kom vanoor Suid-Afrika en hul ouderdomme wissel van 7 jaar oud tot in die 40's.
Daar is ook gestremde deelnemers. Die geleentheid het vanoggend begin en duur tot Sondag.
VIDEO - Swemmers byeen in George:
VIDEO - Groot opgewondenheid by swem-gala:
Benewens die deelnemers is daar ook talle toeskouers wat die swemkompetisie in heerlike sonskyn weer geniet. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'