Video
GEORGE NUUS - Die Springbokke en die All Blacks speel om 21:00 vanaand, 28 Oktober, in die eindstryd van die rugby wêreldbeker toernooi teen mekaar. Die wedstryd vind in Parys, Frankryk plaas.
Pres. Cyril Ramaphosa is in die Franse hoofstad en sal ook die geleentheid bywoon. Suid-Afrikaners is intussen besig om regoor die land te begin saamtrek vir die geleentheid.
Proviand aankope is flink vanoggend gedoen en biltong en droëwors was baie gewild.
By Oudsthoorn Dogs in Need Blanco het honde en van die personeel gewys wie hulle steun.
Daar is selfs 'n voorsmakie gegee van wat vanaand kan gebeur toe met 'n rugbybal gespeel is.
VIDEO - Steun vir die Bokke. Patrick en Vusi van ODIN Blanco het vanmiddag hul gedagtes gedeel oor wie hul dink vanaand gaan wen:
Video: Eugene Gunning
As die "wedstryd" vanmiddag by ODIN Blanco 'n aanduiding is van vanaand se stryd gaan dit 'n harde wedstryd wees. Daar is vanmiddag solank gees by ODIN gevang in afwagting op die groot wedstryd:
Video:Eugene Gunning
Foto's - Eugene Gunning:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’