Video
GEORGE NEWS EN VIDEO - Karma Pienaar (10) se pa, Rian, is haar rolmodel vir die soort man wat sy graag eendag wil hê.
"My pa dra my skooltas, hy maak die motordeur vir my oop en hy vra altyd hoe my dag was.
"My pa pak elke oggend my kosblik en sorg dat daar iets lekkers in is. Hy kam koeke uit my hare en troos my as ek hartseer is.
"Eendag moet my pa my help om 'n man te kies wat net soos hy is."
Stuur vir ons jou foto's
Stuur vir ons 'n oulike foto van pa en die kleingoed vir Vadersdag, môre 16 Junie. Vertel vir ons hoekom hy 'n pa duisend is.
Stuur foto's na michelle@groupeditors.co.za, of plaas dit op ons Facebookblad.
Kyk 'n video hieronder:
Liedjieskrywer, Keira Taljaart (links) en sanger, Karma Pienaar, in ontspanne luim voor 'n kaggel. Foto: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'