GEORGE NUUS - 'n Straatkollekte vir die Bybelgenootskap van Suid-Afrika word op Saterdag 2 Junie in George gehou.
Die afgelope jaar het die Bybelgenootskap 1,2 miljoen Bybels versprei. Hierdie Bybels en Bybelgedeeltes was in 48 verskillende tale en in 71 verskillende vertalings.
Die Bybelgenootskap het ook 'Doen en Leer'-boekies waar kinders geleer word om te lees en skryf. Dit kan gratis by die Bybelgenootskap bestel word.
Die Bybelgenootskap is ten volle van donateurs afhanklik.
Geld wat deur gemeentes en donateurs geskenk word, gaan volledig vir die vertaling en verspreiding van Bybels.
Die genootskap se bedryf (salarisse en administrasie) word uit ander bronne soos verkope ingesamel.
Om een Bybel bekostigbaar of gratis te versprei, kos R55. Gemeentes word aangemoedig om een Bybel per lidmaat per jaar by te dra vir die groot projek. Gemeentes kan ook gesamentlik projekte van stapel stuur om mense meer bewus te maak van die Bybel.
Tans is Bybelgenootskappe oor die wêreld met meer as 500 Bybelvertaalprojekte besig. Al die kerkgenootskappe in Suid-Afrika is lede van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die vasteland waar die meeste volledige Bybels vertaal is, is Afrika.
In Suid-Afrika het al 11 amptelike tale 'n volledige Bybel. Verder is die BSA ook tans besig met 'n Engelse Bybel vir dowes, die vertaling van die !XUN Bybel, en 'n nuwe Zulu- en Afrikaanse Bybel.
Vir meer inligting, kontak dr. Quintus Heine by heine@biblesociety.co.za of 021 910 8780.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'