GEORGE NUUS - ‘n Bergklimuitstappie vir ‘n stapgroep van vier het vanoggend ‘n nare verloop gehad toe een van die stappers, ‘n vrou in haar veertigs, met die terugkomslag geval en kopbeserings opgedoen het.
Die stappers het die Cradockpiek-staproete vanaf Montagupas aangedurf.
Volgens Richard Botha, streeksbestuurder van Metro EMS, was hulle reeds op pad terug toe die ongeluk omstreeks 10:00 plaasgevind het.
“Sy het geval en haar kop gestamp. ‘n Metro-reddingspan, George-brandweer, Outeniqua Trail Search and Rescue en ‘n AMS-reddingshelikopter was op die toneel,” het Botha gesê.
Die beseerde vrou is per helikopter na George-hospitaal gevlieg en die res van die stapgeselskap is ook per helikopter na die landingsplek gevlieg waar die nooddienste bymekaar gekom het.
Volgens Botha was die beseerde vrou in ‘n stabiele toestand.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'