By The Haven Night Shelter het personeel van Standard Bank 50 komberse aan die bestuurder van die shelter, mnr. Johan Smit, oorhandig, en by Rosemore Haven for the Aged is bykans 100 komberse, kos en klere afgelewer terwyl personeel en inwoners daar duidelik oorweldig was van vreugde met die skenking.
Mnr. Eben van Tonder, Besigheidsbankier van Standard Bank, het tydens die oorhandiging gesê hulle wil graag die nood onder behoeftiges verlig. "Die oorhandiging sluit ook aan by die Mandela 67 minute se gemeenskapsdiens."
Smit het aan die personeel van standard Bank gesê die oorhandiging is vir hom ‘n riem onder die hart. "Hierdie mense is altyd laaste as daar uitgedeel word en daarom is dié skenking baie welkom.
Hy het bygevoeg dat die Haven Night Shelter sy deure kan sluit as die gemeenskap nie help met skenkings nie. "Hier word tussen 40 en 60 haweloses daagliks kos en skuiling gebied en ons verwelkom alle skenkings."
.jpg)
Kos, klere en komberse is deur Standard bank se personeel by Rosemore Haven for the Aged oorhandig.
ARTIKEL EN FOTO'S: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS