GEORGE NUUS - Nog 'n sopkombuis is geregistreer en kon gister vir die eerste keer sy deure oopmaak.
Die sopkombuis vir areas soos Denneoord, Bos en Dal, Bo Dorp, Groeneweide en so meer bedien hierdie gemeenskappe uit die George-Suid NG Kerk.
Sean Snyman, wat die kombuis in sy privaat hoedanigheid help reël het, sê daar is baie mense wat in die middedorp woon wat ook swaarkry, nou is daar hulp vir hulle ook. “Ons het aan die begin 'n bietjie gesukkel om alles gereël te kry, maar is uiteindelik op die been.”
Snyman sê hulle werk tans net met donasies. Hy sê dit werk soos enige ander aflaaipunt, iemand sal dit by jou kom haal en ook jou besonderhede neem.
Donasies kan tussen 10:00 en 13:00 bedags gedoen word. Mense wat skenkings wil maak kan Snyman by 072 908 3413 kontak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'