Die 200 oudsoldate wat aangemeld het, het - tot sommige se verrassing - uitgevind hulle kan nog 'n 2,4 km (hard)loop en dat daar nog genoeg koördinasie en dissipline in hulle is om 'n goeie drilvertoning op te sit.
Daar is besluit om dit 'n jaarlikse instelling te maak oor die eerste naweek van Maart. "Ons het verskriklik baie pret gehad en dit was wonderlik om al die ou vriendinne weer te sien. Ons gaan beslis meer wees in getalle volgende jaar en ons glo dit sal 'n goeie, jaarlikse ekonomiese inspuiting vir George gee. Daar is 7 500 van ons daar buite," het oud-Soldoedie Gisela Weinmann gesê.
Rozanne Visser, oud-Staatspresident PW Botha se jongste dogter en self 'n oud-Soldoedie, was die gasspreker het het haar nuwe CD, Breaking fences, bekendgestel. Weinmann het 'n beroep gedoen op alle Soldoe-dies wat nie daar was nie om aan te sluit by die vrouebond wat die naweek gestig is. Belangstellendes kan op die SA Leërvrouekollege se Facebook inskakel en hul jaartal, naam en nooiensvan verskaf.
.jpg)
Só het die Soldoedies destyds gelyk - ‘n bekende gesig in George tot en met 1998. Foto’s verskaf deur Gisela Weinmann