Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Toe gemeentelede die afgelope Sondag weer die eerste keer in maande in kerkgeboue in die Suid-Kaap gekom het, het hul eerstehands beleef wat dit beteken om in hierdie tyd kerk toe te gaan. Hulle het gesigmaskers gedra, hande is gewas, temperatuur is gemeet en hulle moes 'n register invul.
By sommige gemeentes het dienste nie in die kerkgeboue plaasgevind nie en het hulle steeds tegnologie ingespan om gemeentelede te bereik.
Waar wel dienste in kerkgeboue gehou is, het alles goed afgeloop, nieteenstaande die groot aanpassings.
By die Nuwe Lewe Bediening-gemeente in George is twee dienste gehou. Pastoor Johan du Toit het gesê dinge het goed afgeloop, maar dit was vreemd vir mense om so ver van mekaar te sit. Hy het bygevoeg: "Dit was 'n belewenis vir gemeentelede om mekaar weer te kon sien en te kon hallo sê."
Volgens hom is daar duidelik 'n behoefte by mense vir sulke geleenthede. Dis jammer dat net 50 mense per diens toegelaat word. "Daar is soveel meer wat dit wil bywoon." Hulle sal wel hou by die voorskrifte soos deur die regering vereis.
By die historiese kerkgebou van die NG gemeente in Uniondale het gemeentelede ook Sondag opgedaag.
Die leraar, ds. Petrus Carstens, het tong in die kies vir die gemeente gesê dat hy hulle lanklaas in die kerk gesien het. Volgens hom is al die vereistes nagekom en die kollekte is ook in koevertjies geplaas. Daar was ook nie die gebruiklike koffie en tee na die diens nie. Die terugvoer wat hy ontvang het was baie positief. Daar sal nou nabetragting gehou word om te besin oor die pad vorentoe.
Pastoor Hilton Langeveldt van Tikvah House of Prayer het gesê hul kerkgebou se deure het nie oopgemaak nie. Hulle het die regulasies bestudeer en besef daar is baie administratiewe vereistes.
"Ons harte bly dieselfde. Ons wil die kerk se deure weer oopmaak. Mense wil graag weer die kerk besoek. Ek is bewus van kerke wat se deure oopgemaak het. Dit was 'n aanpassing vir mense, maar dit was ook 'n belewenis vir hulle."
Volgens Langeveldt verstaan hy dis 'n gevaarlike virus, maar hy kan nie verstaan waarom daar sulke streng regulasies moet wees nie. "Ons moet versigtig wees dat die staat nie te veel mag oor die kerk gebruik en die geleentheid misbruik nie."
Pastoor Jano de Klerk van die Knysna Vineyard-gemeente het gesê hulle het twee dienste gehou. Al die vereistes is nagekom. Hoewel dit ‘n aanpassing was het mense na die tyd gesê dit was veel beter as om ‘n diens met behulp van tegnologie te volg. Dit is nie soos dit altyd was nie, maar dit is darem beter.
Kyk 'n video hieronder:
Churches were allowed to open their doors on Sunday, but not all took advantage of the opportunity. Those that didn't, still used technology to reach their congregations. Where members did attend services at the churches, it went well. Everybody complied with the lockdown requirements: wearing face masks, having their hands sanitised and sitting far apart.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'