GEORGE NUUS - Môreson ACVV Kinder- en Jeugsorgsentum hou op 8 Februarie 'n snoekbraai (ondersteun deur die Vryburgers) by die sentrum se saal.
Die voorgereg is 'n broodtafel met verskeie brode en smere, hoofgereg gebraaide snoek, patats, aartappelslaai en groenslaai, en nagereg is roomys met sjokoladesous.
Gaste moet hul eie drankies bring. Dit beloof om 'n gesellige aand te wees.
Kaartjies is beskikbaar by Môreson se kantoor. Besprekings kan ook gedoen word by 044 874 4798 of Cassie van die Vryburgers by 082 417 2489.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'