GEORGE NEWS - Die publiek word genooi om aan te sluit by 'n gesellige kuier wat tans (Saterdag 28 Mei) aan die gang is by Mujo Bar en Restaurant ten bate van SWD LSEN (Learners with Special Education Needs) Rugbyunie.
Kaartjies kos R120 en sluit in toegang, kruisskyf, tjips, slaai, bier en lewendige musiek verskaf deur Daan-Louis Gerber en Edward Murphy.
Daar sal ook ‘n lootjietrekking wees waar die wenner 'n beperkte uitgawe 2022 LSEN Cravenweek bottel rooiwyn kry.
Die kuier is 'n geldinsamelingsgeleentheid vir die rugbyunie wat gasheer is vir die 2022 LSEN Cravenweek wat van 26 tot 30 Junie by Outeniquapark aangebied word.
Daan-Louis Gerber, sekretaris van SWD LSEN Rugbyunie, sê hulle moet geld insamel want die organisering en aanbieding van 'n Cravenweek beloop derduisende rande. Al die geld wat vandag ingesamel word, sal gaan aan die unie vir die organisering en bestuur van die 2022 LSEN Cravenweek.
Edward Murphy en sy seun, Alexander vermaak die gaste by die SWD LSEN Rugbyunie se geldinsamelingsgeleentheid tans by Mujo.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'