Daar is groot pryse te wen en die onderskeie temas en kategorieë volg na uitgebreide besprekings in die verskillende gebiede met die gemeenskap. Die sluitingsdatums vir inskrywings verskil ook en die prysuitdelings word ook nie op dieselfde datums gehou nie.
Verlede jaar het die deelnemers self mekaar se tuine beoordeel, maar vanjaar is besluit dat eksterne beoordelaars ingeroep moet word. Volgens Chris Godfrey van Kos en Fynbos sal die NMMU-span die tuine beoordeel. "Die George-munisipaliteit reël die prysoorhandigingslokale en die Outeniqua-navorsingsplaas en verskeie ander ondernemings borg reeds pryse.
Godfrey sê hulle is op soek na nog borge. Kos en fynbos is 'n gemeenskapsprojek in samewerking met die Tuinroete Botaniese Tuin.
Touwsranten Tuinmaakkompetisie 2014
Skryf in onder enige kategorie:
1. Groente
2. Blomme en kruie
3. Kreatiwiteit
- Spesiale jeugprys vir die beste inskrywing deur 'n 5-20 jarige.
- Inskrywings sluit 3 Oktober
- Beoordeling vind plaas 15-16 November
- Prysuitdeling 26 November
- Inskrywingsvorms en inligting beskikbaar by die gemeenskapsaal of Seven Passes kantoor.
- "Bewerk – Bewaar – Benut"
- Enige groep van 2-10 mense kan inskryf.
- Inskrywings sluit 31 Oktober
- Beoordeling vind plaas 22-23 November
- Prysuitdeling 5 Desember
Inskrywingsvorms en verdere inligting by die Blanco-biblioteek beskikbaar.
Pacaltsdorp Tuinmaakkompetisie 2014
Skryf in onder enige kategorie:
1. Klein Tuintjie
2. Groot Tuin/Land
3. Jeug groep
- Inskrywings sluit 3 Oktober
- Beoordeling vind plaas 21-22 November
- Prysuitdeling 27 November
- Inskrywingsvorms en inligting by Pacaltsdorp-biblioteek