Update
GEORGE NUUS - Die polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord ná 'n skietvoorval Dinsdagmiddag, 17 September in Fernstraat, Pacaltsdorp.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is 'n 36-jarige man Dinsdagmiddag by sy huis in Missionstraat in hegtenis geneem in verband met die skietery kort na 13:00.
Ooggetuies sê daar is twee skote op die klaer (29) uit 'n donkerblou VW Golf geskiet. "Die klaer kon daarin slaag om weg te hardloop en het in Cycadstraat hulp gekry vanwaar die polisie gekontak is," sê Pojie.
Niemand is beseer nie.
Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem waarna sy huis en die motor deursoek is, maar geen vuurwapen is gevind nie.
Die verdagte verskyn vandag, Donderdag 19 September, in die hof op aanklag van poging tot moord. Moontlike klagtes van rig en afvuur van 'n vuurwapen in 'n munisipale gebied kan ook nog bygevoeg word, het Pojie gesê.
Police are investigating a case of attempted murder following a shooting incident in Fern Street, Pacaltsdorp, shortly after 13:00 on Tuesday, 17 September. According to Capt Malcolm Pojie, a 36-year-old man was arrested on Tuesday afternoon at his home in Mission Street in connection with the shooting. Eyewitnesses say two shots were fired at the complainant (29) from a dark blue VW Golf. The complainant managed to run away and no one was injured.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'