GEORGE NUUS - Die afgelope drie weke, vanaf Maandag 16 Augustus tot Vrydag 3 September, het die leerders en ouers van Laerskool Outeniqua diep in hulle beursies gedelf om die mense in droogtegeteisterde gebiede te help.
Die skool het R7 800 en meer as 500 pakke suiker ingesamel vir die droogtehulpfonds.
Die droogtehulpfonds het die kontantbedrag en suiker in ontvangs geneem en gaan dit versprei na die gemeenskappe wat dit broodnodig het.
Laerskool Outeniqua bevorder nie oormatige gebruik van suiker nie. Die donasie van suiker is gemaak om in die spesifieke behoefte van boere te voorsien. Die suiker gaan hoofsaaklik gebruik word as preserveermiddel en bak van produkte om te verkoop vir fondse.
Doccie Shields
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'