GEORGE NUUS - Gloryland Community Centre in Pacaltsdorp vra hulp om sowat 120 kinders met skoolskoene toe te rus vir die komende skooljaar.
"Ons wil graag skoolskoene koop om seker te maak hul voetjies is warm as hulle soggens skool toe gaan," het die voorsitter, Kiewiet May, gesê.
Meer as 200 kinders van Pacaltsdorp is met 'n partytjie oor die feestyd verras. May het sy dank uitgespreek teenoor die borge, Gillian Lombard (Sapcor), D Syster Transport, die De Reuck-egpaar asook Rosemary Bredenkamp en vriende.
Die sentrum bied weekliks 'n sopkombuis wat deur George-munisipaliteit ondersteun word.
Vir inligting kontak Kiewiet May by 084 347 2881 of Marchell Kleynhans by 072 435 5237.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'