Gallery
GEORGE NUUS - Die George-skaakklub het Sondag in samewerking met die Garden Route Mall, 'n baie suksesvolle en prettige skaakoggend aangebied.
Die publiek was genooi om teen lede van die George-skaakklub te speel en het ook in aanmerking gekom vir pryse wat gewen kon word. Hierdie pryse is goedgunstiglik deur die sentrumbestuur by winkels in die sentrum gereël.
Alhoewel spel eers 10:00 sou begin, kon die publiek nie wag nie en het die eerste breinkragmetings reeds voor 09:00 begin!
Jonger en ouer spelers het teen mekaar meegeding, verskeie tydsformate is gebruik en teen 12:00 was daar 'n groot en opgewonde skare rondom die skaakbedrywighede.
FOTOGALERY: George-skaakklub speel skaak teen lede van die publiek
Klublede was gretig om te speel en het dit geweldig geniet. "I love chess - it is fun! I love playing against different people. The morning went by too quickly - I would have loved to play more!" het klublid Kayleigh Cornforth gesê.
"Ek is mal oor skaak - dis soveel pret! Ek geniet dit om teen verskillende mense te speel. Die oggend het te gou verbygegaan - ek wil graag nog speel! het klublid Kayleigh Cornforth gesê.
Die tienjarige Kayleigh is 'n kranige speler en het in Desember 2021 as lid van die SA skolespan aan die Africa Schools Individual Chess Championships 2001 in Nairobi, Kenia deelgeneem.
Die George-skaakklub vergader op Donderdagaande 18:00-20:00 en kan gevolg word op Facebook by George Chess Club.
Kayleigh Cornforth (links voor), 'n lid van George Skaakklub, is mal oor die uitdaging. Hier speel sy teen Philip Wedge.
Tebello Mpuru oorweeg sy volgende skuif.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'