GEORGE NUUS - 'n Seun (17) is vanmiddag omstreeks 14:00 oorlede toe hy deur 'n bus getref is.
Volgens inligting wat deur die George Herald bekom is was die seun op sy bromponie onderweg vanuit die rigting van NMU na George toe 'n African Express-bus hom van agter getref het.
Die voorval het op die aansluiting van Madiba-weg en Meyerstraat plaasgevind.
Hy was reeds oorlede toe ER24-paramedici op die toneel aangekom het.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'