GEORGE NUUSFLITS - Die Pacaltsdorp-polisie volg tans onbevestigde inligting op oor 'n jong seun wat na bewering vanmiddag naby Dellvillepark Primêr ontvoer is.
Geen dossier is nog geopen nie en niemand het nog 'n kind as vermis aangemeld nie.
Verskeie patrollies word deur Rosedale gedoen om inligting te bekom om die bewering van die ontvoering te bevestig.
Daar is beweer dat die seun deur mans in 'n bloukleurige bakkie forseer is waarna die voertuig weggejaag het.
Intussen soek die polisie ook aan 'n onbekende man wat na bewering twee tienerseuns naby die hoërskool met 'n vuurwapen gedreig en beroof het.
Die seuns is van Sedgefield en woon op die koshuis by Pacaltsdorp Hoërskool.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'