Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George Senior Fiksheidsgroep se laaste byeenkoms vir 2019 was 'n soos gebruiklik 'n gesellige kuier by die NG George-Suid-kerksaal.
Voordat gesmul is aan koek en tee, is daar darem 'n oefensessie op vrolike Kersmusiek ingepas.
Die groep is deel van die SA Senior Fiksheidsvereniging (Sasfa) en oefen elke Dinsdag en Donderdag van 09:00 tot 10:00 in die kerksaal. Ledegeld is minimaal.
Voordele van die program is dat spanning en angs verlig word in die ontspanne omgewing waarin klasse plaasvind en die sosiale interaksie help die geestelike welsyn van lede aan. Die oefenprogram is saamgestel om balans, soepelheid, koördinasie, stamina en spierkrag te verbeter, en dit is bevorderlik vir kardiovaskulêre gesondheid.
Klasse word aangebied deur Delores van Tonder, 'n gekwalifiseerde Sasfa-instruktrise.
Seniors wat belangstel om volgende jaar saam te oefen, kan haar bel by 076 296 0060.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'