Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - 'n Selfverdedigingseminaar by Van Kervel Skool vanoggend, Saterdag 5 Maart, het oud en jonk gelok.
Die program word gesamentlik aangebied deur die sekuriteitsmaatskappy Greystorm Tactical, die SAPD en die Gemeenskapspolisieforum.
Greystorm algemene bestuurder Francois van der Merwe sê hulle is bly oor die goeie opkoms. Dis 'n geleentheid wat hulle al lankal wou aanbied maar die Covid-pandemie het dit verhoed. Die program duur tot 14:00.
VIDEO - Oud en jonk by selfverdedigingseminaar:
Christiaan Pienaar verduidelik 'n tegniek aan twee deelnemers van die seminaar.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'