Update
GEORGE NUUS - 'n Vooraanstaande sakeman van George het Maandag 21 Augustus vir 'n derde keer op 'n aanklag van aanranding in die hof verskyn nadat hy sy vriendin se seun (5) glo met 'n houtlepel geslaan het.
Die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het gesê die seun se pa het op 'n naweekbesoek blou hale op die seun se boude gesien. Die merke was van so 'n aard dat die pa genoop was om sy seun na 'n plaaslike dokter te neem. Hy het daarna 'n klag van aanranding by die George-polisiekantoor gelê. Die merke was blykbaar 'n week later nog sigbaar.
Die naam van die verdagte word weerhou om die identiteit van die kind te beskerm. Die saak is tot 2 Oktober vir regsverteenwoordiging uitgestel.
Die slagoffer se ma het vandeesweek aan die George Herald gesê sy beskou die 'valse aanklag' as 'n direkte aanval op haar en op hul familie-eenheid deur iemand met 'n wraaksugtige en jaloerse agenda. "As 'n saamgesmelte gesin uit vorige huwelike, is elkeen van ons kinders se groei en ontwikkeling ons hoogste prioriteit en word hulle behoeftes altyd eerste gestel.
Al is hierdie proses waardeur ons nou gaan traumaties vir ons, weet ek dit sal lei tot 'n beter en veiliger omgewing vir ons familie waarin ons verhouding met die biologiese pa beheer word en waarin ons ons kinders altyd eerste sal stel, bo ons eie ego's en agendas. "Ons respekteer die regsproses en het waardering vir die werk wat gedoen moet word deur die staat om seker te maak die saak word ten volle ondersoek. En die waarheid sal oorwin."
* A prominent local businessman appeared in the George Magistrate's Court this afternoon, Monday 21 August, for allegedly assaulting his girlfriend's 5-year-old son. This was the suspect's third court appearance since allegedly beating the boy with a wooden spoon two months ago. The marks were allegedly still visible a week later. The case was postponed until 2 October for legal representation.
Lees 'n vorige nuusflits: Businessman allegedly assaulted boy
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'