Ongelukkig is dit ook so dat dit beteken dat die land se paaie geheel en al oorbevolk raak, motoriste word ongeduldig agter vragmotors of stadig bewegende voertuie en begin kanse vat.
Dan is daar ook die gevaar van dronkbestuurders, onbevoegde persone agter ‘n stuur en natuurlik onpadwaardige voertuie wat dit uiters gevaarlik maak vir die wetsgehoorsame motoris om op die pad te waag. Ons hoor daagliks van ongelukke, baie met noodlottige gevolge en waarvan meeste waarskynlik voorkom kon gewees het.
Kom ons maak dit nie net ‘n voorneme nie, maar ‘n vaste besluit om hierdie feesseisoen, waar ons ookal gaan – hetsy net na die winkels, na familie of vriende in die nabye omgewing of op die lang pad – alles in ons vermoë te doen om veilige bestuurders te wees.