GEORGE NUUS - Die bekende rolstoelatleet, Alwyn Uys, het Laerskool Blanco vandag besoek en sy lewensverhaal met leerlinge gedeel.
Uys het afgelope Saterdag aan die Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) deelgeneem.
Tydens sy besoek is ‘n tjek van R7 000 aan hom oorhandig wat deur leerlinge ingesamel is. Die grootste deel van die geld sal gebruik word vir die Walking with Brandon-stigting.
Uys het in Patensie in die Oos-Kaap grootgeword. Hy was ‘n belowende sportman en groot dinge is van hom, op veral die rugbyveld, verwag. In ‘n stadium het hy ’n skouerbesering opgedoen.
In Desember 2014 het sy lewe vir altyd verander. Vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde het hy sy oë van die pad afgehaal. Hy was toe in ernstige motorongeluk betrokke en het sy rug gebreek.
Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'