GEORGE NUUS - As deel van Erfenisdag het die Pacaltsdorp-sportraad dit goedgedink om 'n paar mense, wat in die verlede 'n rol in die dorp se administrasie of op sportgebied gespeel het, te vereer.
Braam America van die Pacaltsdorp-sportraad, sê hulle sou graag 'n hele paar mense wou vereer, maar nie almal kon op die dag daar wees nie.
Die mense wat vereer word, is Christie Marks, Johannes Jansen, Johnnie Carelse, Dan Saaiman, Ann van Rensburg, Sydney Opperman, John Fortuin, Simon Snyders, Andy Lamont, John Saaiman, Davie Marks, George de Reuck, Herman Fortuin, Hettie Lass, Mervin November, Paulina Alaart, Aubrey Jansen, Awie Junies, Sakkie Olckers, Johnnie Carelse, Henry Jansen, Erwin DaSilva, Awie Johnson, Dennis Junies, Xaffier Green, Moos Cupido, Alfred Dryer, Andrew Stoffels, Andries Rhode, Chrisjan Heynse, Awie Junies en Christiena Meyer.
Aubrey Jansen het 'n sertifikaat namens sy oorlede pa, Johannes (Hans) Jansen ontvang. Hy het ook 'n sertifikaat ontvang vir sy rol in die gemeenskap. Hier is Jansen saam met Braam America (Pacaltsdorp sport) en Elzaan Jansen (Khoi Royal House).
Ben Parks ontvang 'n sertifikaat namens John Saaiman (administrasie en sport). Heel regs is stamhoof Stan Lamini.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'