TUINROETE NUUS - Is jy 'n plaaslike kunstenaar wat musiek maak en graag sal wil hê dat luisteraars op die lug van jou talente hoor? Dan moet jy Chris Janse van Rensburg, die aanbieder van die program Musiekpraatjies op EDENfm kontak.
Musiekpraatjies word elke Dinsdag tussen 14:00 en 15:00 uitgesaai en Van Rensburg probeer om plaaslike sangers en musikante te help. Volgens Van Rensburg glo hy daar is baie onontdekte talent in die gebied.
Met die program wil hy die kunstenaars en hul musiek aan die breë publiek en luisteraars bekendstel en hul loopbane bevorder. Gewoonlik word 'n kunstenaar na die ateljee genooi. As hy of sy oor 'n CD beskik, word dit gespeel.
As 'n CD nie beskikbaar is nie, word 'n opname gespeel en met die kunstenaar gesels.
As dit nie vir die kunstenaar moontlik is om na die ateljee te kom nie, word die onderhoud telefonies gedoen en uitgesaai. Kontak hom by 060 714 9390.
EDENfm beplan ook 'n geleentheid vir 20 November waar sowat 10 sangers gaan optree. Die winste sal aan die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV) geskenk word.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'