Gallery
GEORGE NUUS & VIDEO - Skrywer Riana Scheepers se gesprek met kunskenner, -versamelaar en -liefhebber, Matthys Strydom oor sy nuwe boek, Nog stories teen my muur, het Saterdag groot aftrek in George gekry.
Scheepers het net lof vir Strydom en sy boek gehad en die gehoor is vermaak met staaltjies oor talle kunstenaars en verskeie amusante kwinkslae. Scheepers het vertel hoe sy Strydom genooi het om haar (gesogte) skryfkursus gratis by te woon en hoe hy geantwoord het: “Ek stel nie belang nie.”
Strydom het gesê dat hy die uitnodiging waardeer het, maar dat sy oorblywende tyd op aarde opgeneem word deur te veel ander interessante dinge.
Strydom, die stigter en eienaar van die befaamde Strydom-galery in George van 1969 tot 1999, is ‘n gekwalifiseerde mediese dokter asook ‘n passievolle Bonsmara-boer.
Stories teen my muur het in 2016 die lig gesien en Nog stories teen my muur bied verdere insae in Strydom se interaksie met Suid-Afrikaanse kunstenaars as eienaar van Strydom Galery vir 30 jaar. Dit is ‘n juweel van ‘n boek wat ook die kunstenaars se verhoudings met hulle lewensmaats belig.
KYK: NOG STORIES TEEN MY MUUR:
Scheepers het net lof vir Strydom en sy boek gehad en die gehoor is vermaak met staaltjies oor kunstenaars en amusante kwinkslae.
Nog stories teen my muur is beskikbaar teen R450, Stories teen my muur is R350 en die twee saam is R700.
Mense wat in die George-omgewing woon kan die boek/e by Matthys Strydom koop, kontak hom by mjstrydom2@gmail.com . Vir die wat moet bestel, kontak Johan Strydom in Kaapstad by johanstrydom9@gmail.com . Navrae: 083 632 6934 (slegs WhatsApp of sms).
Vir diegene wat nie die geleentheid by Die Waenhuis Gastehuis in George kon bywoon nie, is die onderhoud op video vasgelê. Die onderhoud het George-biblioteek se Make Your Mark-maand afgeskop en die video sal ook in die biblioteek se argief opgeneem word.
Matthys Strydom se nuwe boek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'