TUINROETE NUUS - Dit is weer cliviablomtyd in die Tuinroete en die Tuinroete-cliviaklub bied twee geleenthede aan waar die publiek die pragtige blomme kan besigtig en die nuutste kleure tentoongestel word.
Die eerste geleentheid is 'n miniskou op Saterdagoggend 28 September by die Langeberg Mall in Mosselbaai.
Daar sal plante uitgestal word, asook plante te koop wees.
Die tweede skou is in George by die Laerskool Outeniqua op Saterdag 5 Oktober (09:00-17:00) en Sondag 6 Oktober (09:00-13:00).
Hier sal plante uitgestal word, plante en saad te koop wees en 'n demonstrasie die Saterdag plaasvind. Tydens die geleentheid kan die nuutste in blaartipes, soos vorm en kleure, ook besigtig word.
Belangstellendes word genooi om 'n draai te maak en die seisoen se mooi blomme te geniet.
Rig navrae aan Kobus 082 785 8279 of Randolph 072 768 5688.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'