GEORGE NUUS - Die George-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in samewerking met sektorbevelvoerders van sektor 2, 3 en 4, het op Donderdag 22 November skole besoek om met die kinders oor hul veiligheid en die gevare van dwelmmisbruik, te gesels.
Laerskool Kretzenshoop in Blanco en Van Kervel Skool was deel van die besoek.
Johnathan Martin van HeartbeatFM het sy lewensverhaal van dwelmverslawing met die sowat 300 kinders gedeel.
Leerders by Van Kervel Skool spits hul ore.
Van links is: Kapt. Natasja Janse van Vuuren (sektor 2), kapt. Rossmund Stripp (sektor 3) en kapt. Antoinette Stoop (sektor4) by Laerskool Kretzenshoop in Blanco. Agter staan Johnathan Martin.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'