Die partytjie vorm deel van hul program vir die nasionale veldtog van geen geweld teen vroue en kinders. Die uitgenooide dogters is leerders van die verskillende skole binne die Conville-polisiëringsgebied.
‘n Praatjie is gehou waartydens hul regte aan die hulle verduidelik is en hulle is aangemoedig om oor geweld en misdaad in hul woonbuurte of by die huis te praat en dit aan die polisie te rapporteer.
Elke jong gas het ook ‘n heerlike bordjie eetgoed, ‘n pakkie lekkers en roomys gekry.
Die Conville-polisie wil Linda Nel van Queen Bee, Flowers 4 U, mnr. Gert Niehaus en die Lionsklub, mnr. Donald en RMMS Nestle bedank vir skenkings wat bygedra het tot die sukses van die partytjie.
.jpg)
Die dogters maak eers hul hande skoon met nat lappies voordat hulle begin eet aan die al die lekkernye in hul bordjies.