GEORGE NUUS - Amptenare van die munisipale anti-grondbesettingseenheid moes verlede Maandag onwettige strukture op 'n oop stuk grond in Rosedale afbreek.
Volgens Steven Erasmus, direkteur van beskermings-dienste, word onwettige strukture gereeld in die betrokke area afgebreek.
"Die hulpbronne en beperkte mannekrag wat tans benodig word om die inwoners van George veilig te hou, moet nou aangewend word om hierdie onwettige aktiwiteite hok te slaan," het Erasmus gesê.
"Die aantal strukture wat tot dusver verwyder is, kan ongelukkig nie aan die media bekendgemaak word nie, behalwe om te berig dat alle onwettige strukture afgebreek is."
Hy het gesê 'n ondersoek word tans gedoen om vas te stel wie hierdie besetters verkeerdelik adviseer om teenstrydig met wetgewing op te tree.
Charles Lubbe, direkteur van menslike nedersettings, het gesê die onwettige grondbesetters is gesinne van ander woongebiede. "Daar is slegs voorsiening gemaak vir 500 gesinne binne die informele area [in Rosedale] en kan die onwettige groei van die area nie net gesondheidprobleme meebring nie, maar ook die huidige ontwikkeling wat tans daar aan die gang is vertraag en striem," het hy gesê.
Die onwettige besettings geskied deels op die gedeelte wat deel vorm van die volgende fase van die huidige katalitiese projek.
Op 'n vraag of die soort organiese verspreiding van plakkers nie sal help om verdigting binne informele nedersettings te verminder nie, het Lubbe gesê die proses om verdigting aan te spreek sal aan 'n noukeurige ondersoek onderwerp moet word, in oorlegpleging met ander interne direktorate.
Steven Erasmus
Gee my krag
Tydens die onwettige plakkery het die nuwe inwoners glo ook onwettige kragkoppelings gemaak. Volgens Ebrahim America, 'n wykskomiteelid van Rosedale, het inwoners gekla dat hulle vir twee dae sonder krag was weens 'n kortsluiting. Dit is glo veroorsaak nadat die nuwe intrekkers krag probeer koppel het.
"Nadat die onwettige strukture verwyder is, is geen verdere probleme met kortsluitings aangemeld nie," het America gesê.
Terugvoer van die direktoraat van elektrotegniese dienste bevestig dat enkele onwettige kragkoppelings in die area verwyder is.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'