GEORGE NUUS - Landbou gaan 'n groot hupstoot kry met die aanwysing van 'n toegewysde persoon in die burgemeesterskomitee vir dié bedryf.
Die aanwysing van sulke persone het aan die lig gekom tydens 'n geleentheid verlede Donderdag, 3 Februarie, by Fancourt, waar 'n formele ooreenkoms tussen Wesgro en die Garden Route-distriksmunisipaliteit onderteken is.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, was die geleentheidspreker en die geleentheid is deur verskeie landbouleiers en verteenwoordigers van die sakegemeenskap bygewoon.
Meyer het gesê landbou staan aan die voorpunt van die ekonomiese herstel in die Wes-Kaap en die land. Hy het 'n oorsig gegee van die landbousituasie.
Landbou het wonderlike groei ervaar. Alle sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie het in 2020 'n negatiewe groei gehad behalwe landbou. Landbou was die enigste sektor wat positief gegroei het. In 2020 was die groei in die eerste kwartaal 28% en in die tweede 15%. In die afgelope vier kwartale was dit sowat 13,1%.
Yaw Peprah, hoof- uitvoerende beampte van Wesgro en Georlene Wolmarans, speaker van die Garden Route-distriksmunisipaliteit by die ondertekening van die ooreenkoms.
Na Covid-19 is daar gesien dat landbou baie veerkragtig is en baie potensiaal vir die uitvoermark het. Dit het intussen begin realiseer.
Meyer het ook gewys op die noodsaak-likheid van meer landbouskole en meer landbouvakke by skole. Volgens hom is meer landbouskole nodig om die landskap te verander en die land gesond te maak. Daar moet in die jeug belê word.
Met verwysing na die ooreenkoms, het Meyer gesê die beste investering wat enig-iemand vir die landbou kan doen is in 'n funksionele goedbestuurde munisipaliteit.
Dr. Willie Cilliers, (links) voorsitter van die AHi in gesprek met Dirk Wessels, burgemeesterskomiteelid vir finansies en strategiese dienste van die George-stadsraad en Leon van Wyk, George-burgemeester.
'n Landbouer en 'n plaas is in 'n gebied waar hy/sy afhanklik is van die regulatoriese omgewing, onder meer bouplangoedkeuring, die omgewingsbeplanningsraamwerk en die uitbreiding van die impakstudie.
Dit het alles te make met munisipaliteite se ruimtelike raamwerk vir ontwikkelingsbeplanning.
Munisipaliteite verskaf dienste soos water, elektrisiteit en veiligheid.
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, spreek aanwesiges toe tydens die geleentheid by Fancourt.
Distriksmunisipaliteite is verantwoordelik vir byvoorbeeld die instandhouding van paaie. Landbou is afhanklik van 'n goeie paaienetwerk.
Hy is opgewonde oor die ooreenkoms, want dit beteken beter samewerkende regering en 'n groter diens aan die landbou.
Hy het burgemeesters in die Wes-Kaap versoek om een verteenwoordiger in elke burgemeesterskomitee aan te wys wat verantwoordelik is vir landbou sodat landbou 'n direkte kontakpersoon in 'n munisipaliteit het. Landbou is sentraal en die kern is distriksgebiede. Dit gaan onmiddellik gebeur.
Georlene Wolmarans, speaker van die Garden Route-distriksmunisipaliteit teken die ooreenkoms namens die munisipaliteit terwyl Yaw Peprah, hoof- uitvoerende beampte van Wesgro toekyk. Foto: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'