GEORGE NUUS - Pastoor Jannie Horne van Eagle's Nest Ministries en 'n groep van 14 vroulike lidmate van verskillende kerkdenominasies in Mosselbaai, George en Kaapstad het laas week vertrek op 'n besoek aan Rio in Brasilië waar hulle die afgelope naweek, 15 tot 17 Maart, 'n vrouekonferensie sou bywoon.
Die tema was ‘Aanbidding tot die uiterste’. Angelina Naidoo van George was die hoofspreker.
"Die kerk is een en ek glo ons as Christene is almal God se gemeenskap, so verskillende denominasies is in die groep verteenwoordig," sê Horne.
Horne bedien internasionaal al vir die laaste 24 jaar en was in die proses al in 42 lande.
Bethel-groep kom kuier
George kry weer besoek van 'n groep van die Bethel Redding-kerk van Bill Johnson wat van 29 Maart tot 3 April verskillende gemeentes in George en omstreke sal besoek.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'