GEORGE NUUS - Die Conville-buurtwag het die afgelope naweek twee petrolbomme by 'n groep seuns rondom 'n laatnag-vuurtjie in Makoustraat gevind.
Die bomme word vermoedelik gebruik in bendebakleiery, sê buurtwagvoorsitter, Rudy Lewis.
"As buurtwag trek ons die streep. Geen gevaarlike wapens sal verder geduld word nie. Enige persoon wat met 'n gevaarlike wapen in sy besit gevind word, sal die nagevolge daarvan dra. Ons gaan nou streng optree," het Lewis gesê.
Verlede week is in die George Herald berig dat Lewis sy kommer uitgespreek het oor die toename in seuns en jong mans wat by bendes betrokke raak.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'