GEORGE NUUS - 'n Bekende gesig in George, Philip Kotze, die man wat gereeld saam met sy hond, Magriet, in George gesien word, is op Maandag 16 Maart 'n beskermingsbevel teen sy eie buurman toegestaan.
Dit spruit uit verskeie beweerde voorvalle waartydens dié buurman glo pepersproei in Kotze se woonstel in Friedastraat spuit.
Volgens Kotze word hy reeds vir die afgelope drie jaar deur sy buurman geteister en dat dié teistering die rede is waarom hy die George Herald genader het om 'n storie te doen.
"Ek dra groot gevolge van die pepersproei. Hulle terroriseer my, ek word gemartel en gepynig dag en nag. Ek het psoriase (chroniese velsiekte) en dit word vererger deur die sproei," sê hy.
Volgens Kotze vind die beweerde pepersproei-skorriemorrie allerhande slinkse maniere om hom te takel.
Soms is daar glo reeds pepersproei gespuit wanneer hy by die huis kom. Hy noem ook dat daar al gate in sy voordeur geboor is en die stopverf van sy ruite afgekrap is om gate te maak.
PBI raak betrokke
Uit desperaatheid het Kotze die PBI-raadslid Virgill Gericke, om hulp genader en Gericke het hom bygestaan om die beskermingsbevel te kry.
Volgens hom wil dit voorkom asof die beweerde intimidasie wat Kotze ondervind bloot 'n manier is om hom uit sy huis te dryf.
"Ons is verheug dat die hof die bevel toegestaan het. Dit beklemtoon die grondwetlike beginsel van gelykheid voor die reg. Alle burgers van ons land het regte. Die PBI spreek sy skok en teleurstelling uit oor die beweringe," sê hy.
Hy sê ook nie net is Kotze 'n bekende in George nie, maar 'n hemipleeg (verlamming aan een kant van die lyf) wat self sy weg vind om 'n ordentlike en eerbare bestaan te maak.
"Sy reg tot waardigheid en veiligheid moet ten alle koste beskerm word. Die PBI stuur 'n sterk boodskap uit dat die behoeftiges en kwesbares in ons gemeenskappe se regte nie vertrap mag word nie. Ons spreek die hoop uit dat hy voortaan onverstoord sy lewe sal voortsit, sonder vrees of intimidasie. Ons doen terselfdertyd 'n beroep op alle staats departemente, organisasies en besighede om die regte van persone met spesiale behoeftes ernstig op te neem en te prioritiseer," sê Gericke.
Teen druktyd kon die betrokke buurman nie vir kommentaar bereik word nie.
Well-known George resident, Philip Kotze, was granted a protection order against his neighbour on Monday 16 March. This stems from several alleged incidents during which the neighbour allegedly sprayed pepper spray in Kotze's apartment in Frieda Street, George South. According to Kotze, he has been victimized by his neighbour for the past three years and that this victimization is the reason he approached the George Herald to do a story.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'