Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - By Hoërskool Pacaltsdorp het 129 matrikulante vir 2019 hul finale matriekeksamen geskryf, sê skoolhoof Clifton Titus.
Titus kon nie sê hoeveel A-simbole behaal is nie, maar wel dat verskeie leerders vakke met A-simbole geslaag het.
Hulle slaagsyfer is 82,2% teenoor die 83,5% in 2018.
"Dis nie 'n bron van kommer nie, omdat die groep wat geskryf het, nie so 'n sterk groep was nie, maar steeds bo almal se verwagtinge presteer het. Hul slaagsyfer was heeljaar net bo 70%, so ons is eintlik aangenaam verras."
Titus bedank sy onderwysers vir die ekstra moeite, tyd en klasse wat hulle ingesit het, veral Michael Frans, wat koshuisleerders mooi gehelp het. "Die program wat hy daar gevolg het, het gehelp dat 30 uit 33 leerders geslaag het. Die ander drie het wel gekwalifiseer vir aanvullende eksamens."
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'