GEORGE NUUS - Die munisipaliteit sit met hul hande in die hare oor vullis wat gereeld by die Van Riebeeck Tuine se ingang in Camphersdriftweg gestort word.
Hierdie gewoonte is onverklaarbaar aangesien daar weekliks 'n deur-tot-deur vulliskollesie in die area is.
'n Karwas strokie met 'n Mosselbaai-registrasienommer is tussen die vullis gevind en die wetstoepassingseenheid is besig om dit op te volg.
Rapporteer enige onwettige storting van vullis vir skoonmaak aan Reiniging 044 801 2900 en Wetstoepassing 044 801 6350.
Vullis word gereeld by die ingang na die Van Riebeeck Tuine gestort.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'