Altesame 52 kandidate, oftewel 17,7% van die 2012-matrieks, het A-gemiddelde behaal.
Die gemiddelde vir die graadgroep was 'n ongelooflike 70,2%
Die Dux-leerder is Gizelle Potgieter, wat met 'n gemiddelde van 93,3% geslaag het.
Chris Vorster, skoolhoof sê hy is verskriklik trots op sy matrieks met slegs een van die 294 kandidate wat nie die paal gehaal het nie.

Syferkoppe! Die drie leerders van Hoërskool Outeniqua het die beste punte in rekeningkunde behaal. Van links is Thinus Vemeulen (98%), Gizellle Potgieter (100%), mev. Ronel Hattingh (klas-onderwyser) en Jean-Paul Lubbinge (99%). Dis die eerste keer in die tien jaar wat sy klasgee wat 'n leerder volpunte in rekeningkunde behaal, sê Hattingh. Die vakgemiddelde is 'n fenomenale 77,9%.

Swel van trots. Daniël Maritz, onderburgemeester van George, wens sy dogter, Danielle geluk met haar uitslae. Sy gaan maatskaplike werk aan die Universiteit van die Wes-Kaap studeer.
FOTO'S: HUGO REDELINGHUYS, GEORGE HERALD-JOERNALIS