GEORGE NUUS - Uit dankbaarheid vir hul geesdrif en heldhaftige pogings om die vure onder baie moeilike omstandighede teen die Outeniquaberge te beveg, het Outeniqua-rolbalklub besluit om die dapper vegters met ietsie te ete en te drinke te bederf.
Klublede het ingespring en worsrolletjies gemaak wat deur die klub geskenk is.
Kiste vol koeldranke en water is ook aan die brandweerstasie gegee om as lafenis in die snikhete omstandighede te dien.
Petro Scheepers (links) en Rita Louw by van die drinkgoed wat geskenk is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'