Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Kwagga Trust/ Hoërskool Outeniqua se Wen ‘n Miljoen-kompetisie het vanoggend hul wenner van R1 miljoen aangekondig.
Yolandi Changuion van Somerset-Wes in Kaapstad, is vanoggend telefonies deur die skoolhoof, Christo Vorster, in kennis gestel dat sy gewen het.
Die aankondiging is per “live stream” op KwaggaTV en voor ‘n saal vol, Kwaggas in ekstase, gedoen.
Yolandi kon haar ore nie glo nie, en was duidelik geskok, verslae en oorweldig met dankbaarheud oor die groot gebeurtenis. Daar was net 2 000 kaartjies beskikbaar teen R1 000 per kaartjie.
Die Wen ‘n Miljoen-kompetisie voldoen aan wetsvereistes, en is deur Mazars geouditeer en deur Elvis Blue onderskryf. Die sluitingsdatum van die kompetisie was 31 Desember 2019.
Die fondse word gebruik om leerders kanse te bied op ‘n beter toekoms. Warrick Gelant, een van die 2019 Wêreldbekergroep, is een van vele suksesverhale wat deur die Kwagga Trust ondersteun is.Life Community Services sal ook deur Wen ‘n Miljoen ondersteun word.
Die Kwagga Trust en Wen ‘n Miljoen Komitee wil graag namens Hoërskool Outeniqua aan al die deelnemers en ondersteuners van Wen ‘n Miljoen 2019 baie dankie sê vir jul ondersteuning en deelname aan die kompetisie.
Kyk 'n video hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'