GEORGE NUUSFLITS - Tittie Henna (Johanna) Carolus van Blanco slaap voor die einde van die week in haar eie huis.
Dié tannie is sowat 'n jaar gelede, net voor haar 100ste verjaarsdag, tydens ’n besoek van die Wes-Kaapse minister van behuising, Bonginkosi Madikizela, ’n huis belowe.
Madikizela het sy belofte gehou en die amptelike oorhandiging het gisteroggend plaasgevind.
Carolus sal eers later vandeesweek haar intrek neem saam met haar seun, Ronald Carolus (74) en hulle versorger, Muriel de Villiers.
George-burgemeester Melvin Naik, Wes-Kaapse minister van behuising Bonginkosi Madikizela en wyksraadslid Jean Saffers.
Lees verwante artikels:
- Versorger kry verrassing op haar verjaarsdag
- 100-jarige se huisie skok minister
- 100 jaar onder dieselfde dak
Lees meer oor die geleentheid in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'